Hefaistos

Hefaistos
Griekse Olimpiese god
Hefaistos, deur Guillaume Coustou die Jongere (in die Louvre).
Hefaistos, deur Guillaume Coustou die Jongere (in die Louvre).
Naam Hefaistos
God van Tegnologie, grofsmede, vakmanne, ambagsmanne en vulkane
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool Hamer, aambeeld en tang
Vrou Afrodite of die Grasie Aglaia
Ouers Hera (alleen, of Hera en Zeus)
Kinders Erichtonius van Athene
Romeinse eweknie Vulcanus

Hefaistos of Hephaistos (Grieks: Ἥφαιστος) was in die Griekse mitologie die god van tegnologie, grofsmede, ambagsmanne, metale, beeldhoukuns, vuur en vulkane. Hy is een van die twaalf Olimpiese gode wat op die berg Olimpus gewoon het. Hy was met die godin Afrodite, wat hom met sy broer Ares verkul het, getroud. Sy eweknie in die Romeinse mitologie is Vulcanus.

Nes ander mitiese grofsmede, maar anders as die meeste ander gode, was Hefaistos kreupel en dit het hom ’n groteske voorkoms gegee in Griekse oë. Hy was die grofsmid van die gode en is in die nywerheidsgebiede van Griekeland, veral in Athene, aanbid. Die middelpunt van sy kultus was op die eiland Lemnos.[1] Sy moeder was Hera. Hefaistos se simbole was die hamer, aambeeld en tang, hoewel hy soms met ’n byl in die hand uitgebeeld word.

  1. Walter Burkert, Greek Religion 1985: III.2.ii

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search